Tuesday 15 September 2015

Boontjiesak




Boontjiesak

Jy benodig
• twee 138 x 93 cm-stukke grys linne
• twee 128 x 93 cm-stukke gordynvoering
• bypassende stoffeergare
• ekstra-dik swart breidraad
• agt 22 cm-lengtes katoenband
• ekstra-sterk ritssluiter van 1 m

• tapisserienaald
• 2,5 kg Styrofoam-korrels

So maak jy
LET WEL
Alle naattoelatings is 1,5 cm breed.

1 Maak eers die binnekussing. Speld die twee stukke gordynvoering aan mekaar met die regte kante teen mekaar. Stik al vier sye toe, maar laat ’n opening van 20 cm in een sy. Dop dit na die regte kant om en vul dit met die Styrofoam op. Werk die opening toe. Werk aan elke hoek een 22 cm-lengte katoenband vas. Dit gaan gebruik word om die binnekussing aan die ooreenstemmende hoeke van die oortreksel vas te bind.

2 Kap een lang sy van elk van die twee oortrekseldele om. Speld dié twee sye aan mekaar met die regte kante teen mekaar. Stik die eerste en laaste 20,5 cm van die naat toe, maar laat ’n opening van 1 m in die middle vir die ritssluiter. Stik die ritssluiter in die opening. Speld die twee dele plat aan mekaar vas en stik en kap een kort sy en die ander lang sy om. Maak die oorblywende ongestikte sy van die oortreksel oop en merk die middel van elke naattoelating van die twee dele. Dié twee middelpunte sal by dié kant die hoeke va die oortreksel wees, met die twee lang naattoelatings wat by die middle van die naat bymekaarkom. Stik en kap die naat om.

3 By die twee hoeke, met die naattoelatings wat daarvandaan loop, speld en stik ’n 22 cm-lengte katoenband aan die naattoelatings, 5 cm van die hoeke af ondertoe. Aan die teenoorstaande kant van die oortreksel is daar geen naattoelatings by die hoeke nie en moet die katoenband aan die oortreksel vasgewerk word, 5 cm van die hoeke af ondertoe. Dop die oortreksel na die regte kant om en pars die nate. Merk aan die twee kort kante ’n lyn 5 cm binnetoe en parallel met die rand. Stik ’n bostiksels op elke lyn.

4 Gebruik ’n dubbele lengte ekstra-dik swart breidraad en tapisserienaald en werk groot komberssteke oor die kort kante, net binnekant die bostiksel.

5 Steek die kussing in die oortreksel en bind die ooreenstemmende hoeke met die katoenband vas.