Tuesday 15 September 2015

BOBOTIE VIR DIABETE




BOBOTIE VIR DIABETE
Porsiegrootte: 100 g
10 ml olyfolie
1 middelslag-ui, gekap
1 kg gemaalde, maer beesvleis...
5 ml gemaalde gemmer
15 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1 ml witpeper

7 ml sout
60 ml (70 g) diabetiese appelkooskonfyt
30 ml asyn
15 ml Worcestersous
2 dik snye bruinbrood
4 suurlemoen- of lourierblare
2 middelslag-eiers, geklits
125 ml laevetmelk
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olie en roerbraai die ui tot dit deurskynend is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur.
Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by die gebraaide vleis.
Week die brood in water en druk dan die water uit.
Krummel die brood en voeg by vleismengsel.
Roer om te meng. Skep die vleismengsel in ’n gesmeerde oondskottel en maak gelyk.
Skeur die suurlemoenblare in die lengte deur of breek die lourierblare middeldeur en steek dit in die vleismengsel.
Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis.
Bak 35 – 40 minute tot die eiervla gestol is.
Sit warm voor saam met geelrys, geelwortels met lemoensous en gewone gekookte groenboontjies