Tuesday 22 September 2015

Halloumi brood




Halloumi brood
Bestanddele
225g halloumi, blokkies om klein
50 g baby rocket blare, fyngekap
100g feta, gekrummel
190g bruismeel
25g botter, gesmelt
175ml melk
1 medium eier, liggies geklits
swartpeper
Voorverhit oond tot 190 * C
Smeer twee mini brood pannetjies met botter,
Verhit ‘n swaar bodem pan en braai die halloumi blokkies tot mooi goudbruin
Verwyder uit die pan en laat afkoel
In ‘n medium bak sif die meel en voeg ‘n klomp gemaalde swartpeper by
In ‘n beker klits die botter, melk en eier
Gooi die melk mengsel by die meel en roer net ‘n paar keer om te meng. Moenie dat die paar klonte jou pla nie
Vou in die halloumi , feta kaas en rocket blare in by die mengsel
Verdeel die mengsel tussen die twee brood pannetjies
Maal nog ‘n klompie swartpeper bo-oor elkeen
Bak vir ongeveer 30 minute of tot gaar en goudbruin
Verwyder uit die oond en keer uit op ‘n afkoelrak