Tuesday 29 September 2015

Aarbei Hertzoggies




Aarbei Hertzoggies
'n Lekker variasie op tradisionele hertzogkoekies...

ongeveer 36 blokkies
...
KORS:
125 g (¼ blok) botter
125 ml (½ k) suiker
1 ekstragroot eier
60 ml (4 e) volroommelk
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
250 ml aarbeikonfyt

MERINGUELAAG:
3 ekstragroot eierwitte
312 ml (1¼ k) strooisuiker
500 ml (2 k) fyn klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Stel oond op 180 °C.

1. Kors:
Room botter en suiker tot liggeel, ongeveer drie minute. Voeg eier en melk by en klits tot gemeng.
2. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
3. Druk deeg op bakplaat van 24 cm x 34 cm groot wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei gespuit is. Plaas in yskas vir 20 minute.

4. Meringuelaag:
Klits eierwitte met elektriese klitser tot stywepuntstadium. Voeg strooisuiker bietjies-bietjies by en klits tot dik en glansend.
5. Roer klapper en vanieljegeursel by eierwitte.
6. Smeer aarbeikonfyt oor deegkors.
7. Skep meringuemengsel oor aarbeilaag.
8. Bak vir 27 tot 30 minute of tot meringue ligbruin bo-op is.
9. Laat bietjie in bakplaat afkoel. Sny in blokkies.

**Laat blokkies heeltemal afkoel en berg in lugdigte houer