Wednesday 12 August 2015

Tannie Vita se tuna en sjerriesop




Tannie Vita se tuna en sjerriesop

 

 

Bestanddele
2 blikkies tuna in water, moenie dreineer nie
500 ml melk
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
½ blikkie tamatie en uie
1 blik sampioensop
1 blik geroomde sampioene
1 koppie room
½ teelepel sout
½ koppie sjerrie

Metode
Verhit die melk in 'n kastrol, en voeg die soppoeier by.
Roer tot opgelos.
Voeg tamatie en uie by.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die sjerrie, by.
Prut vir 20 minute.
Voeg die sjerrie by net voor opdiening.