Monday 31 August 2015

Tuinmaak met boomwortels

Moenie vra waar ek aan die fototjie kom nie (ek kan nie onthou nie), maar dit het my laat dink.  As jy met 'n plekkie in jou tuin sit waar die boomwortels oorneem en jy nie lekker diep kan spit om groente te plant nie, is dit die perfekte idee vir daardie stukkie grond.  'n Mens wil nie bome uithaal nie want dan sit jy in die snikhete somer son en kook sonder enige skaduwee in jou tuin.  Hierdie idee werk om jou bome te behou en tuin te kan maak waar die wortels bietjie pla.  Net hier en daar sink jy 'n blompot in die grond (waar die wortels jou dit toelaat), vul dit met goeie grond en plant jou kruie of groente.  Dit lyk treffend, stunning en sommer net supper cool.  .....en natuurlik ook baie netjies.