Thursday 27 August 2015

MAALVLEIS-AARTAPPELS MET SALSA



MAALVLEIS-AARTAPPELS MET SALSA
Genoeg vir 4 mense
Die maalvleis kan vervang word met oorskiethoender of -vis vir ’n vinnige weergawe van hierdie resep.
4 groot aartappels, gekook tot net gaar
MAALVLEIS
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g maer beesmaalvleis
50 g tamatiepasta
4-5 songedroogde
tamaties, gekap (opsioneel)
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) suiker
KAASMENGSEL
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
60 ml (¼ k) Griekse jogurt
30 ml (2 e) mayonnaise
SALSA
2 tamaties, in klein blokkies gesny
½ komkommer, in klein blokkies gesny
1 rooi-ui, in skyfies gesny
Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Maalvleis
Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Roer die tamatiepasta en songedroogde tamaties (indien gebruik) deur en roerbraai ’n paar minute. Geur met die sout, peper en suiker. Hou eenkant.
Kaasmengsel
Meng al die bestanddele.
Sny elke aartappel in skyfies sonder om deur te sny. Sit elke aartappel versigtig op die bakplaat en vul elke gleufie met maalvleis. Versprei die kaasmengsel bo-oor en rooster 15-20 min. tot gesmelt.
Salsa
Meng alles en sit voor saam met die aartappels en vars pietersielie.