Thursday 27 August 2015

Heuning-sjokoladekoek



Heuning-sjokoladekoek
• 1 koppie heuning • ½ koppie druiwepitolie • 4 eiers, geskei
• 1 teelepel vanielje-ekstrak • 1 ½ koppie gaar, fyn aartappels
• ¾ koppie gewone jogurt • 1 ½ koppie gemaalde amandels
• 150g donker sjokolade • 3 eetlepels sjokoladelikeur
Klits heuning, olie, eiergele en vanielje saam. Meng aartappels en jogurt saam en klits deeglik totdat alle klonte verdwyn het. Klits by eiermengsel. Meng amandels by. Smelt sjokolade en roer by beslag. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou in by beslag. Skep in gesmeerde 22cm losbodempan. Bak in oond teen 180˚C vir 1 uur. Haal uit oond en gooi likeur oor. Laat heeltemal afkoel voor dit uit die pan verwyder word.
WENK: Vou foelie om die buitekant van pan om te verhoed dat beslag lek.