Wednesday 5 August 2015

Eier gebak in 3-bone op roosterbrood



Eier gebak in 3-bone op roosterbrood
Bestanddele
15 ml olyfolie
1 rooi-ui, gekap
3 geel soetrissies, in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
15 ml rissievlokkies
30 ml suiker

500 g tamatiepuree
400 g rooi botterbone (kidney), gedreineer en afgespoel
410 g cannellini, gedreineer en afgespoel
410 g botterbone, gedreineer en afgespoel
4 eiers
brood van jou keuse, gerooster
Metode
Verhit olyfolie in ’n groot genoeg pan of 4 individuele panne . Braai ui en soetrissies saam. Voeg knoffel, rissievlokkies, suiker en puree by. Voeg al die bone by en roer goed deur. Kook so 5 minute. Breek eiers in tamatiebone en plaas deksel op. Kook stadig tot eiers gestol is. Geur met sout en peper en sit voor met roosterbrood.