Wednesday 5 August 2015

Elke se waterblomsop



Elke se waterblomsop

Bestanddele

kookolie
1 groot ui, in blokkies gesny
2 blikkies waterblommetjies
2 blikkies tamatie- en uiemengsel
2 blokkies biefekstrak
½ koppie witwyn
sout en swart peper na smaak.
1 eetlepel suurroom
Metode
Verhit die olie in n groot kastrol.
Smoor die ui.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die suurroom, by, en kook tot sag en gaar – ongeveer 15 - 30 minute.
Verpulp die mengsel, en voeg die suurroom by net voor opdiening.