SUURLEMOENVINGERS
Lemoene, suurlemoene en lemmetjies is die ideale vrugte vir winter. Gebruik sommer die skil vir ekstra geur
• ongeveer 30 vingers
KOEKIES
250 g (½ blok) botter
397g (1 blik) kondensmelk
2,5 ml (½ t) suurlemoensap
125 ml (½ k) klapper
400 g (200g x 2 pakkies) mariekoekies
VERSIERSEL
75 ml (5 e) sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) suurlemoensap
knypie fyn gerasperde suurlemoenskil
METODE
1 Koekies Smelt botter in kastrol. Roer kondensmelk, suurlemoensap en klapper by. Verwyder van hitte.
2 Druk mariekoekies fyn, nog effens grof.
3 Meng koekies by kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
4 Druk mengsel in 28cm x 20cm grootte bak vas wat met botter gesmeer is.
5 Plaas in yskas tot gestol en sny in vingers van ongeveer 2,5cm x 5cm.
6 Versiersel Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjies op 'n slag by en voeg suurlemoensap en suurlemoenskil daarby.
7 Skep versiersel in spuitsak en spuit patroontjies bo-op.