Monday 27 July 2015

Gebakte kaaskoek op sy beste



Gebakte kaaskoek op sy beste

Genoeg vir: 10
Bereidingstyd:
40 minute
Baktyd:
40 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 1 pakkie semelkoekies, fyngedruk
• 80 ml botter, gesmelt

Vulsel
• 500 ml Philadelphia-roomkaas
• 500 ml suurroom
• 4 groot eiers
• 200 ml (175 g) strooisuiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
• 30 ml suurlemoensap

Bolaag
• 250 ml suurroom
• 30 ml strooisuiker
• 10 ml suurlemoensap
• 2,5 ml vanieljegeursel
• bessies of ander vrugte van jou keuse vir versiering

1 Meng die fyngemaakte koekies en botter saam en druk dit in ’n losboompan of oondvaste diep pasteibak vas.

2 Vulsel Klop die roomkaas tot sag en roer die suurroom by.

3 Klits die eiers liggies en klop dan die strooisuiker, vanieljegeursel, gerasperde suurlemoenskil en suurlemoensap by. Roer dié mengsel by die roomkaasmengsel en gooi dit in die bereide kors. Bak dit in ’n verhitte oond vir 30 minute of tot gestol. Haal dit uit die oond en laat dit eenkant afkoel vir 10 minute.

4 Bolaag Meng al die bestanddele vir die bolaag (behalwe die vrugte) en smeer dit op die afgekoelde kaaskoek. Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C en sit die kaaskoek vir 10 minute terug in die oond. Haal dit uit die oond en laat dit heeltemal afkoel. Hou die koek in die yskas tot voor opdiening. Sit dit voor met bessies of ander vrugte van jou keuse bo-oor.

Slim idee Versier die kaaskoek met vrugte van jou keuse wat in seisoen is. Probeer grenadellapulp, gesnyde mango, kiwivrugte of ’n mengsel van verskillende vrugte.