Tuesday 28 July 2015

Rosynebeskuit




Rosynebeskuit
Lewer 25 beskuite
Bereiding: 15 min.
Rys: 1½ uur
Gaarmaak: 25 min.
Uitdroog: 6 uur
125 g botter, kamertemperatuur
4 x 250 ml (4 k) bruismeel, gesif
2 eiers, geklits
10 g gis
30 ml (2 e) strooisuiker
15 ml (1 e) louwarm water
5 ml (1 t) anyssaad
80 ml (⅓ k) rosyne
’n knippie sout
180 ml (¾ k) warm melk
10 ml (2 t) olie
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 middelslagbroodpanne.
  1. Vryf die botter en meel met jou vingerpunte in ’n bak tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eiers by. Voeg die gis by en 2 ml (½ t) van die strooisuiker gemeng met die water. Voeg die anyssaad, rosyne, oorblywende strooisuiker, sout, melk en olie by en meng liggies. Plaas in ’n gesmeerde bak, bedek en laat rys 1 uur.
  2. Breek die deeg in ewe groot gholfbalgrootte-balle, pak hulle in die broodpanne en sit 30 min. eenkant om te rys. Bak 25 min. of tot goudbruin. Breek uitmekaar en keer op ’n draadrak uit.
  3. Verminder die hitte tot 70 ˚C met die waaier aan, sit die beskuit terug en bak 6 uur of tot heeltemal droog.