Wednesday 29 July 2015

Roerbraai is geurig en vinnig.




Roerbraai is geurig en vinnig.
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
...
• 15 ml olie
• 4 hoenderborsies, in repies gesny
• 5 ml rooikerriepasta
• 1 bossie sprietuie
• 100 g mangetout, in dun repies gesny
• 100 g babamielies, middeldeur gesny
• 30 ml growwe grondboontjiebotter
• 30 ml sojasous
• 5 ml vissous
• 5 ml bruinsuiker
• 1 blik klappermelk
• vars koljander en rys vir voorsit
1 Verhit ’n wok of braaipan oor hoë hitte. Gooi die olie, hoender, kerriepasta en sprietuie daarin en braai vir 2–3 minute tot die hoender lekker bruin is. Voeg die mangetout en mielies by saam met die grondboontjiebotter, sojasous, vissous en suiker, en braai vir nog ’n minuut.
2 Roer die klappermelk by en kook totdat dit met een derde ingedamp het. Sit voor met gestoomde rys en koljander.