Wednesday 29 July 2015

Kaaps-Maleise hoenderkerrie



Kaaps-Maleise hoenderkerrie
Genoeg vir 6
Tyd: 35 minute
BESTANDDELE
...
15 ml masala-kerrie
125 ml koekmeel
6 hoenderborsies
olyf- of avokado-olie, vir vlakbraai
2 uie, in skyfies gesny
10 ml komynsaad
1 knoffelhuisie, fyngedruk
3 cm grootte stukkie gemmer, fyngerasper
1 blik (410 g) gekapte tamaties
375 ml ongegeurde jogurt + ekstra
’n hand vol koljander, gekap
Vir die sambal (opsioneel)
½ ui, fyngekap
2 tamaties, gekap
10 ml suiker
30 ml wit asyn
naan-brood of rys vir opdiening
METODE
1. Meng helfte van die masala en die meel saam. Geur. Sny die hoender in happiegrootte blokkies en meng dit met die meel. Skud die oortollige meel af. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor matige hitte en vlakbraai die hoender in sarsies tot goudbruin. Geur en plaas eenkant.
2. Verhit nog ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die uie en komynsaad. Voeg die knoffel, gemmer en die ander helfte van die masala by en vlakbraai 1 minuut. Voeg die tamaties by en laat die mengsel prut. Voeg die hoender by en laat die mengsel nog 5 minute prut tot deurgaar. Indien nodig, voeg ’n bietjie water by om te voorkom dat die kerrie uitdroog.
3. Vir die sambal: Meng al die bestanddele saam. Meng die jogurt en koljander deur die kerrie en verhit sonder dat die kerrie begin kook. Sit voor saam met die ekstra jogurt, sambal en naan-brood of rys.