Thursday, 23 July 2015

Peperment En Sjokolade Broodjie



Peperment En Sjokolade Broodjie
Lewer 1 groot broodjie
Bestanddele:
Broodtjie:...
185 g sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
4 eiers
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) bruismeel
45 ml (3 e) kakao

knypie sout
125 ml (½ k) melk
2 groot Peppermint Crisps, grof gekap
Versiersel:
125 ml (½ k) dikroom
200 g (1 plak) melksjokolade, grof gekap
Metode:
Stel oond op 180 °C.
Broodjie:
Room botter en suiker tot liggeel. Klits eiers en vanielje by tot goed gemeng. Sif meel, kakao en sout. Roer by bottermengsel. Roer melk by tot gladde beslag vorm. Roer sjokolade by en skep in groot broodpannetjie wat met bakpapier gevoer is. Bak vir 35 min. of tot toetspen skoon uitkom. Laat broodjie bietjie in pannetjie afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
Versiersel:
Plaas room en sjokolade in groot mengbak en mikrogolf teen 70% krag tot sjokolade gesmelt is. Roer af en toe. Laat eenkant om effens af te koel.
Smeer effens afgekoelde sjokoladeversiersel oor broodjie. Laat eenkant tot gestol.
Sit in skyfies voor.

No comments:

Post a Comment