Thursday 23 July 2015

Ontbyt Skons




Ontbyt Skons
Maak: 12-14
 Bereidingstyd: 15 minute
 Gaarmaaktyd: 200 °C
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 60 ml koue botter, in blokkies gesny
• 190 ml suurmelk (of melk)
• 1 ml koeksoda
• 1 groot eier, liggies geklits
• botter, room en bessiekonfyt
1 Sif die meel, bakpoeier en 2 ml sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meel in.
2 Meng die suurmelk en koeksoda saam en voeg driekwart van die geklitste eier by.
3 Sny die suurmelkmengsel baie liggies met ’n stomp mes by die droë bestanddele in. Die deeg moet sag wees, maar nie nat en klewerig nie. Voeg ’n klein bietjie meel by, indien nodig.
4 Keer die deeg uit op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is en vorm dit met jou hande in ’n sirkel van omtrent 2,5 cm dik. Hanteer die deeg so min en so liggies as moontlik.
5 Sny die deeg in wiggies. Pak dit op ’n gesmeerde bakplaat. Meng die orige kwart eier met ’n bietjie water en verf die skons daarmee. Bak vir 12 minute in die verhitte oond. Eet warm met botter, ’n lepel vol room en bessiekonfyt.dit begin skroei en gaar is. Garneer dit met nog vars basilie.