Friday 24 July 2015

Amandel-en-heuning-beskuit



Amandel-en-heuning-beskuit

Maak: omtrent 60
Bereidingstyd:
30 minute, plus 2-3 uur droogtyd
Baktyd:
1 uur
Oondtemperatuur:
180 °C

• 1 kg bruismeel
• 5 ml bakpoeier
• 255 g (300 ml) suiker
• 500 g (545 ml) botter
• 100 g amandels, fyngekap
• 3 groot eiers
• 125 ml heuning
• 500 ml karringmelk

1 Sit die meel, bakpoeier, suiker en 2 ml sout in ’n groot mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die amandels by.

2 Klits die eiers, heuning en drie-kwart van die karringmelk saam en voeg dit by die droë bestanddele. Roer dit goed. Voeg die orige karringmelk by, indien nodig.

3 Druk die deeg in ’n vierkantige of reghoekige gesmeerde bakpan en bak dit vir ’n uur in die warm oond of tot ’n toetspen skoon uitkom.

4 Haal die beskuit uit die oond en laat dit afkoel. Sny dit in dik vingers en pak dit op bakplate. Stel die oond op 100 °C.

5 Bak die beskuite vir nog 2-3 uur in die oond tot dit heeltemal droog is. Sit die oond af, maar los die beskuite oornag in die oond. Bêre dit in ’n lugdigte houer en geniet dit saam met koffie.