Wednesday 29 July 2015

MILO-SJOKOLADE KOEK




MILO-SJOKOLADE KOEK

125 g botter, kamer temperatuur...
60 ml strooi suiker
195 gram koekmeelblom (1 en 1/4 kop meel)
12,5 ml bakpoeier
150 g Milo poeier


3 eiers
125 ml karringmelk

Kondensmelk Versiersel:
150 g botter, by kamertemperatuur
350 g versiersuiker
160 ml kondensmelk

Vir die Sjokolade Ganache:
300 ml room
400 g donker sjokolade
125 ml Milo poeier

Bak die koek:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n 20cm koekpan met margarien (of spuit) en voer dit met bakpapier uit.
Room die botter en suiker saam tot glad en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en Milo saam en dan voeg dit bietjie vir bietjie by die bottermengsel terwyl op stadige spoed geklits word. Klits nou die karringmelk in. Gooi die beslag in die koekpan en bak vir 40-45 minute of tot toetspen gaar uit die middel van die koek kom. Laat die koek vir 10 minute afkoel en keer dan uit. Laat heeltemal op 'n draadrakkie afkoel.

Maak die Kondensmelk Versiersel:
Plaas die botter in 'n menkbak en klits vinnig tot lig en romerig - voeg die versiersuiker en kondensmelk by en klits tot goed gemeng. Sny die koek in drie gelyke dele, en dit die koeklae aanmekaar met die versiersel.

Maak die Sjokolade Ganache:
Smelt die room, sjokolade en Milo in 'n kastrol op die stoof of in 'n mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. (Die Milo is geneig om klontjies te maak, so die voorstel is om dit eers in die warm room op te los voordat die sjokolade bygevoeg word.) Laat die mengsel goed afkoel totdat dit maklik kan smeer en bedek die hele koek daarmee. (As jy haastig is kan jy die ganache in die yskas sit om af te koel - soos dit kouer word, so word dit stywer en kan dit makliker smeer. Moenie wag tot dit te koud is nie, want dan smeer dit weer baie moeilik.)