Wednesday 29 July 2015

Marmite-skontert




Marmite-skontert
LEWER 1 TERT VAN 24 CM
Bereiding: 25 minute
Baktyd: 15 minute

DEEG
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
3 ml (ruim ½ t) sout
50 g botter, sag gemaak
125 g cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) water
BOLAAG
75 g botter
60 ml (¼ k) Marmite
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n oondvaste bak van 24 cm.
  1. DEEG Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  2. Vryf die botter by die meelmengsel in en voeg die kaas by.
  3. Voeg net genoeg water by en roer tot ’n deeg met ’n spatel. Wees versigtig dat jy nie te veel meng nie.
  4. Skep die deeg in die oondbak en maak bo effens gelyk.
  5. Bak 15 minute in die oond tot die tert goudkleurig is en ’n toetspen skoon uitkom.
  6. BOLAAG Smelt die botter en Marmite saam en skep oor die skondeeg wanneer dit uit die oond kom. Sit louwarm voor.