Thursday 30 July 2015

Libanese koolfrikkadelle




Libanese koolfrikkadelle
LEWER 10 ROLLETJIES PER PERSOON
Bereiding: 1 uur
Gaarmaaktyd: 1½-2 uur
...
1 heel kopkool
250 ml (1 k)
basmatirys
500 g lamswors, uit die vel verwyder
2 tamaties, fyn gekap
50 g tamatiepasta
2 ml (½ t) fyn wonderpeper (allspice)
2ml (½ t) fyn kaneel
1 ml (¼ t) witpeper
20 ml (4 t) botter, gesmelt
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
sout na smaak
1. Week die kool in kookwater tot sag.
2. Week die rys 15 minute in kookwater en dreineer.
3. Plaas die res van die bestanddele en die rys in ’n groot mengbak en meng goed.
4. Sny die kool in stroke van 10cm breed, rol ’n balletjie van die mengsel in elke strook toe en pak styf teen mekaar in ’n pot.
5. Plaas ’n swaar bord bo-op die koolballetjies en sit die deksel op die pot. Kook 1½-2 uur tot die rys en kool sag is.