Wednesday 22 July 2015

LEKKER GROENTE SOP IN DIE “SLOW COOKER




LEKKER GROENTE SOP IN DIE “SLOW COOKER
Ongeveer 500g lamsvleis/beesvleis (lekker bene vleis)
 1 ½ kp droë sopmengsel (Lensies, ertjies of gemeng ens)
 2 liter kook water
 1 blik geskilde tamaties
 1 groot ui fyn gekap
 2 aartappels gerasper
 4 wortels gerasper
 1 ½ kop gekapte seldery
 ½ kop leeks (preie) opsioneel
 1 pakkie groentesop poeier
 Sout, peper en worcestersous na smaak
 Ander kruie soos pietersielie ens na smaak
 Ek gooi ook altyd ‘n blik pitmielies (sonder water) in (Rens)
 Jy kan ook jou groente in blokkies sny as jy ‘n growwe dik sop wil he.
 Plaas al die groente en sopmengsel in die slow cooker en sit die vleis bo-op. Maak die soppoeier aan met water en gooi oor die vleis en groente. Sit die slow cooker op “LOW” en laat dit prut deur die nag vir ongeveer 10 ure. Of sit die slow cooker op “AUTO” voor jy werk toe gaan en die sop sal na 8 ure reg wees. Indien jy meer geurmiddels verkies, sit dit by voor opdiening
Rina Kleinhans