Wednesday 29 July 2015

Skilferkors blomme en Evelina se Hoenderpastei




Volgende keers as jy weer 'n pastei moet maak, probeer om hierdie deeg blommetjies te maak vir bo-op .

EVELINA SE HOENDERPASTEI
RESEP:
 Jy neem so 4 gaar hoenderborsies, pluis vleis uitmekaar of sny in blokkies.
 Braai nou so 2 uie (fyn gekap) en 'n pakkie sampioene (gesny) in bietjie olyfolie.
Voeg hoender by en ook 'n blikkie ideal melk.
Jy kan 'n lepel meel byvoeg indien jy dit bietjie wil verdik.
Kook deur vir so 2 minute en skep in voorbereide pasteikors.
Bedek met oorblywende deeg, smeer bietjie geklitste eier bo-oor en bak vir 45 minute by 200*C tot lekker goudbruin.
 Sit voor met lekker gemengde slaai of selfs soos ek met braai aartappels, soetpampoen, Broccoli met kaassous en geurige rys