Friday 17 July 2015

Beesvleis Potjie|



Beesvleis Potjie|
BESTANDDELE:
 60 ml olyfolie
 2 uie, gekap
 4 wortels, gekap en in blokkies gesny
 3 selderystingels, in dun skyfies gesny
 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
 125 ml meelblom
 5 ml koljander
 5 ml kaneel
 5 ml sout
 2 kg beeskortrib
Bouquet garni: 6 selderystingels, 2 tiemiestingels en 2 lourierblare met kombuistou vasgebind
 500 ml beesaftreksel
 250 ml Drostdy-Hof Winemaker’s Collection Merlot
 300 g pekeluie, geskil
 4 jenewerbessies
 4 steranyssade
 4 stukkies kassia
 500 g patat, geskil en in blokkies gesny
 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
 sout en gemaalde swartpeper

METODE:
 Berei die vuur soos gewoonlik voor, en sorg vir genoeg kole om ’n potjie gaar te maak.
 Verhit die olie in ’n middelslag-gietysterpotjie en braai die uie, wortels, seldery en knoffel saggies tot goudbruin. Verwyder uit die potjie en hou eenkant.
 Voeg die meelblom, koljander, kaneel en sout saam in ’n mengbak. Bestuif die stukke kortrib met die gegeurde meelblom. Skud alle oortollige meelblom af. Braai die stukkies vleis bietjies-bietjies in dieselfde potjie tot goudbruin.
 Plaas die groente in die potjie terug. Voeg die bouquet garni, beesaftreksel en Drostdy-Hof Winemaker’s Collection Merlot, jenewerbessies, anyssaad en kassia by en geur na smaak.merlot.jpg
 Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat anderhalfuur lank prut tot die vleis van die been afval. Voeg die patat en botterskorsie by en kook vir nog 30 minute tot sag.
 Bedien warm met ’n romerige polenta of rys en geniet dit met die Drostdy-Hof Winemaker’s Collection Merlot.
Lewer 6-8 porsies