Sunday 14 June 2015

Vinnige frittata




Vinnige frittata
Genoeg vir 2 as hoofmaaltyd, of vir 4 as ligte ete.
Bestanddele:
6 groot eiers
2 E melk
2.5 ml sout
swart peper na smaak
1 E vars tiemie- of suurlemoentiemieblare
wit gedeeltes van sowat 6 groot preie (leeks), in dun wigges gesny
½ k vars kersietamaties, gehalveer
sowat 45 ml sagte bokmelkkaas, in klein stukkies geskeur
Metode:
1. Verhit die oond tot 180 grade, skakel die roosterelement aan.
2. Braai die preie oor lae hitte in olyfolie totdat dit sag en deurskynend is.
3. Klits intussen die eiers, melk, sout, peper en kruie saam.
4. Gooi die eiermengsel in die pan en laat eweredig versprei.
5. Rangskik die tamaties met gesnyde kante na bo in die mengsel.
6. Laat die inhoud oor medium hitte kook tot dit begin stewig raak, daar sal klein borreltjies op die oppervlak verskyn.
7. Rangskik nou die kaas op die oppervlak, plaas in die oond en bak/rooster vir sowat 5 minute of tot die frittata goudbruin verkleur en begin oppof.
8. Sny in skywe en sit dadelik voor.