Sunday 14 June 2015

Klapper Karringmelkbeskuit-




Klapper Karringmelkbeskuit-
 Huisgenoot Gewildste Wenresepte
 2 kg bruismeel
 10ml sout
 400gr (500ml) suiker
 1 pak(200gr) klapper
 500gr margarien, gesmelt
 1 liter karringmelk
 4 ekstra groot eiers geklits.

Voorverhit die oond tot 180 grade(350 F) smeer 2 37x13x10cm broodpanne of 'n oondpan
Sif die bruismeel en sout saam. Voeg die suiker en klapper by en meng goed.
Meng die margarien en karringmelk en eiers en voeg by die droe bestanddele.
Meng goed en skep uit in panne. Maak gelyk bo-op. Bak ongeveer 1uur lank of tot toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel op n draadrakkie en sny in vingers. Droog in baie koel oond (100 grade C /200 F) uit tot heeltemal droog