Friday 12 June 2015

Glutenvrye sjokolade-peerkoek





Glutenvrye sjokolade-peerkoek

LEWER 1 RINGKOEK
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 50 min.

KOEK
230 g glutenvrye meel
5 ml (1 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) kakao
’n knippie sout
3 eiers
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) gekapte
donkersjokolade
20 ml (4 t) gekapte
roosmarynblaartjies
3 pere, gerasper
250 ml (1 k) grof
gekapte makadamia of pekanneute
5 ml (1 t) vanieljegeursel
GANACHE
100 g donkersjokolade
160 ml ( k) klappermelk
AFRONDING
roosmarynblaartjies
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 20 cm-Bundt-pan goed met kossproei. Stuif liggies met kakao.
  1. Koek Sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam.
  2. Klits die eiers en die suiker saam tot dik.
  3. Vou die droë bestanddele liggies by die suiker in.
  4. Voeg die sjokolade, roosmaryn, pere, neute en geursel by.
  5. Skep in die pan en bak 45-50 min. Keer op ’n draadrakkie uit om af te koel.
  6. Ganache Smelt die sjokolade in die mikrogolf of oor kookwater. Roer die klappermelk stadig by. Laat effe afkoel. Giet oor die koek.
  7. Afronding Sprinkel die roosmaryn oor.