Wednesday 10 June 2015

Stadig gekookte vark met aartappels



Stadig gekookte vark met aartappels

Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 3 uur
Vark
1 kg varkbraaistuk
2 uie, grof gekap
400 g gekapte tamaties
5 ml (1 t) tamatiepasta
4 knoffelhuisies, heel fyn gedruk
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) paprika
30 ml (2 e) suiker
sout en peper
Aartappels
30 ml (2 e) olie
3 aartappels, in blokkies gesny
3 cm vars gemmer
sout en peper
2,5 ml (½ t) borrie
1 ml (¼ t) brandrissiepoeier
1 ml (¼ t) paprika
125 ml (½ k) water
Voorverhit die oond tot 180 °C.
  1. Vark: Plaas al die bestanddele in ’n roosterpan. Voeg 400 ml water by en bedek met foelie.
  2. Plaas in die oond en laat braai 3 uur of tot die vleis sag is en maklik uitmekaartrek.
  3. Versnipper die vark met twee vurke en sit terug in die sous. Pas die geursel van die sous aan indien nodig.
  4. Aartappels: Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die aartappels en  gemmer by en soteer tot die aartappels effens verbruin.
  5. Meng die sout en peper, borrie, brandrissie en paprika in en soteer 5 min.
  6. Voeg die water by, bedek en laat dit prut tot sag. Sit voor saam met die versnipperde vark.