Wednesday 10 June 2015

Sjokoladeskywe




Sjokoladeskywe
Genoeg vir: 10
Bereiding: 5 min....
Gaarmaak: 20 min.

185 g botter
100 ml suiker
250 ml (1 k) meel
10 ml (2 t) kakaopoeier
80 ml (⅓ k) fyn klapper
5 ml (1 t) bakpoeier
Sous
60 ml (¼ k) versiersuiker
40 g botter
10 ml (2 t) kakao
15 ml (1 e) kookwater
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 18×20 cm-bakpan uit.
1.Meng die botter en suiker tot dit ’n romerige mengsel vorm. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Druk in die bakpan en bak 20 min. of tot gaar. Laat afkoel.
2.Sous: Meng die versiersuiker, botter en kakao. Voeg net genoeg kookwater by om ’n loperige pasta te maak.
3.Skep die sous oor die warm koek en laat dit effens afkoel. Sny die koek in snye nadat die heeltemal afgekoel het.