Tuesday 9 June 2015

Micheal se Soutigheid (Tannie Poppie)




Micheal se Soutigheid (Tannie Poppie)
Bestanddele
500ml melk
4 eiers
250ml sonneblomolie
500ml koekmeelblom
4ml sout
4ml aromat
20ml bakpoeier
enige vulsel
250ml gerasperde cheddarkaas
paprika
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C
Klits die melk, eiers en olie saam.
Sif die droë bestanddele saam
Klits die meelmengsel bietjies gewys by die melkmengsel (dit lyk amper soos pannekoekbeslag)
Skep holtes van gesmeerde kolwyntjiepanne 1/3 vol beslag (g9ooi die beslag in 'n beker en vul die kolwyntjie)
Skep 5ml van jou vulsel op die basis
Sprinkel kaas bo-oor
Bedek met beslag tot elke holte 3/4 vol is
Sprinkel 'n bietjie paprika oor en bak 20 minute lank
Gebruik enige oorskietkos van die vorige ete - groente of vleis as vulsel.  Kap dit net fyn.  As jy geen oorskietkos het nie, kan jy selfs net die kaas gebruik.