Wednesday 10 June 2015

GEURIGE NEUTE





GEURIGE NEUTE2 eierwitte
60 ml klam bruinsuiker
30 ml seesout
3ml rooipeper
5ml fyn komyn
5ml paprika
5ml gemaalde koljander
5ml swartpeper
500–750 g gemengde neute, ongerooster en ongesout
METODE:
Voorverhit die oond tot 150 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier of foelie uit.
Klits die eierwitte in ’n bak tot sagte punte vorm. Voeg die suiker, sout en speserye by, klits deur en voeg dan die neute by.
Vou die neute in tot alles met ’n lagie van die eierwit-speserymengsel bedek is.
Sprei die neute egalig op die bakplaat uit en bak vir 15 minute. Roer deur en bak vir ’n verdere 10-15 minute, tot goudbruin.
Verwyder uit die oond en laat op die bakplaat afkoel. Sodra die neute heeltemal afgekoel is, skep in flesse of blikkies en verseël lugdig.
Die neute sal vir sowat twee weke vars bly. Lewer 500-750 g neute.