Sunday 14 June 2015

Peuselhappies vir Vadersdag




SJOKOLADE BESKUITJIE FUDGE
Bestanddele:
2 eetlepels kakao
250g margarine
500g versiersuiker
1 teelepel vanielje geursel
1 pakkie marie beskuitjies

1 eier

Metode:
Krummel marie beskuitjies.
Klits die eier met vanielje geursel.
Smelt margarien in ‘n groot kastrol oor n lae hitte op stoof.
Voeg kakao, versiersuiker, eier en vanielje mengsel by.
Roer tot n gladde mengsel.
Verwyder kastrol van die stoof.
Voeg marie beskuitjies by en meng goed.
Gooi in gesmeerde bak.
Laat goed afkoel en sny in blokkies
 
 
Neut Lekkers
 Bestandele:
 150 g sjokolade blok
 100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies) Ek hou my grondboontjies heel (my keuse)
 Smelt sjokolade en meng neute by.
 Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Opsioneel: VERSIERING:
 50 gr wit sjokolade
 Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
 Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.Bêre in lugdigte houer
 


COCONUT CLUSTERS125 ml melk (1/2 k )
125 ml kakao ( 1/ 2 k )
500 ml suiker ( 2 k )
125 ml margarien ( 1/ 2 k )
750 ml hawermout ( 3 k )
5 ml vanieljegeursel ( 1 t )
250 ml klapper ( 1 k )
'n handvol grondboontjies - fyngekap kan ook bygevoeg word (opsioneel)
METODE
Prut vir 5 minute alles saam en haal van stoof af – 

MOENIE langer as 5 minute kook nie.
Voeg die hawermout, vanieljegeursel en klapper by en roer goed.
Skep dadelik teelepelsvol op waspapier en laat koud word.




DADEL HAPPIES Sowat 50 balletjies
230 g (250 ml) botter, in blokke gesny
200 g (250 ml) suiker
500 g dadels, fyngesny
2 x 200 g-pakkies Marie-beskuitjies, fyngemaak
10 ml vanieljegeursel
sowat 100 g fyn klapper
METODE:
Plaas botter en suiker in ’n kastrol. Smelt oor lae hitte tot suiker opgelos
is. Voeg dadels by en kook oor lae hitte tot dadels gesmelt is. Roer
elke nou en dan. Voeg fyngemaakte beskuitjies en vanieljegeursel by.
Roer goed. Gebruik ’n 15 ml-maatlepel en skep van die vulsel in jou
hand. Rol in balletjie en rol onmiddellik in klapper. Herhaal tot
dadelmengsel op is. Bêre balletjies in lugdigte houers.




RICE CRISPIE BLOKKIESGOOI IN 'N POT:
4 klein Bar-ones, in stukkies gesny
120 gr botter
150 ml suiker
25 ml gouestroop
METODE:
Verhit stadig tot sjokolade gesmelt is.
Roer gereeld met houtlepel.
Haal van stoof.
ROER
 4 k rice crispies daarin.
Skep in gesmeerde tertbak en druk plat.
Koel af en sny in blokkies.
Bere in lugdigte houer in yskas.