Monday 15 June 2015

Vloerkussings met gebreide en gehekelde bokante




Vloerkussings met gebreide en gehekelde bokante
Jy benodig
• agt 23 x 63 cm-stukke materiaal
• vier 63 x 63 cm-stukke materiaal
• vier 55 cm-ritssluiters
• twee 60 x 60 x 20 cm-stukke hoëdigtheidspons
• 3,2 m watteersel
Vir die gebreide vierkant
• 20 mm-sirkelbreipen (40 cm lank)
• 8 x 50 g-bolle Elle Family Knit Chunky in liggrys 011
Vir die gehekelde vierkant
• 12 mm-hekelpen
• 12 x 50 g-bolle Elle Family Knit Chunky in liggrys 011
So maak jy
 LET WEL Al die materiaalpanele het 1,5 cm-naattoelatings
1 Om een van die kussingoortreksels te maak, kap al die kort rande van vier sypanele van 23 x 63 cm om. Stik dié nate om die sypanele aan mekaar te las – begin en eindig 1,5 cm in van die rande af. Pars die nate oop.
2 Kap die rande van een van die onderkantpanele van 63 x 63 cm om. Merk ’n punt 26,5 cm van een van die hoeke af ondertoe en ’n ander punt op dieselfde plek aan die teenoorstaande rand van die panel. Speld die sypanele aan die onderkantpaneel vas en stik die rande tussen die twee gemerkte punte toe, maar laat twee 26,5 cm-lengtes en een volle rand oop vir die ritssluiters. Stik  twee ritssluiters in die opening, met die twee oop eindpunte wat in die middel bymekaar kom.
3 Speld en stik die bokantpaneel aan die sypanele vas en kap die nate om. Dop die kussingoortreksel na die regte kant om. Stik die tweede kussingoortreksel net so.
4 Gebruik vir die gebreide vierkant vier breidrade saam en stel 32 steke op. Brei 42 rye in koussteek. Heg af.
5 Gebruik vir die gehekelde vierkant vier breidrade saam en hekel 40 kettingsteke. Hekel ’n ry van 37 langbene – begin in die vierde kettingsteek van die pen. Draai die hekelwerk om. Hekel drie kettingsteke en dan 37 langbene bo in die langbene van die vorige ry. Gaan so aan tot 20 rye gehekel is. Heg af.
6 Werk die gebreide en gehekelde vierkante met die hand aan die bokantpanele vas. Bedek die stukke spons met watteersel en steek dit in die oortreksels.
(Idees)