Wednesday 10 June 2015

MARELI SE INTERNETKOEKIES (Van Koekedoor)



MARELI SE INTERNETKOEKIES (Van Koekedoor)
Lewer sowat 40 koekies.
Bestanddele:...
◦150 g hawermout
◦250 g botter
◦225 g witsuiker
◦225 g bruinsuiker
◦2 eiers
◦5 ml vanieljegeursel
◦295 g koekmeelblom
◦5 ml koeksoda
◦2.5 ml sout

◦5 ml bakpoeier
◦250 g sjokolade, gerasper
◦340 g sjokoladesplinters
◦200 g gekapte neute
Metode:
◦Voorverhit oond tot 180°C. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.
◦Kap die hawermout fyn in ‘n voedselverwerker tot ‘n fyn poeier.
◦Room die botter en beide suikers.
◦Voeg eiers en vanieljegeursel by, meng met die meel, fyngekapte hawer, sout, bakpoeier en koeksoda.
◦Voeg die sjokoladesplinters, gerasperde sjokolade en neute by.
◦Rol in balletjies en plaas sowat 5 cm uitmekaar op ‘n bakplaat met bakpapier.
◦Bak vir 10 minute teen 180° C.