Wednesday 10 June 2015

GEMMER-KANEELKOEKIES IN WITSJOKOLADE GEDOOP




GEMMER-KANEELKOEKIES IN WITSJOKOLADE GEDOOP
Maak 60 koekies
Bestanddele...
◦2 k suiker
◦1 1/2 k sonneblom- of canola olie
◦2 eiers
◦1/2 k molasse
◦4 k koekmeel
◦1 E fyn gemmer

◦1/2 t varsgerasperde neutmuskaat
◦Mespunt fyn witpeper
◦1 t sout
◦4 t bakpoeier
◦2 t fyn kaneel
◦Suiker, vir rol
◦Doopsel: genoeg om sowat 40 koekies halfpad te doop
◦200 g witsjokolade, in stukkies
◦1 E smeer soos Holsum (nie botter of margarien nie)
Metode
◦Verhit oond tot 180°C. Voer bakplate met bakpapier uit. Meng die suiker en olie goed saam in ‘n groot mengbak. Voeg die eiers beurtelings by en meng goed deur na elke byvoegsel. Meng molasse by.
◦Gebruik ‘n aparte mengbak en sif die droë bestanddele saam; en meng dit geleidelik by die eier-suikermengsel in tot goed ingewerk.
◦Vorm okkerneut-grootte balletjies met die handpalm en rol dit in die suiker. Plaas op die bakplaat met 5 cm spasies tussenin. Bak sowat 12-15 min tot goudbruin. Die koekies moenie bleek wees nie. Dit sal nog sag wees wanneer dit uit die oond uitkom. Plaas op afkoelrak.
◦Doopsel: smelt sjokolade en die Holsum oor lae hitte in ‘n dubbelkoker. Moenie ‘n deksel opsit of stoom laat inkom nie. Roer deurentyd tot gesmelt. Doop die koekies halfpad in die sjokolade, laat oortollige sjokolade afdrup en plaas op afkoelrak of op waspapier tot sjokolade gestol het.