Friday 22 May 2015

Vadersdag idees vir Pappa en Oupa (van Kinders)

Idees vir Vadersdag:  (Maklik en goedkoop vir kinders om te doen.)

1)  'n Kaartjie met 'n hand-afdruk daarop.  Skryf mooi en spesiale woorde daarby en dis 'n baie spesiale wegbere geskenkie.
2)  'n Paar tuisgemaakte "geskenkbewyse" (een om die kar te was, een om die gras te sny, een om koffie vir pa te maak).
3)  'n Glas houer met sy gunsteling lekkergoed daarin.  Versier met 'n mooi papier strikdassie en siedaar.
4)  'n Lekker ontbyt in die bed is altyd 'n gunsteling.  (Mens kan goed bymekaar sit wat nie op 'n stoof of in 'n oond gemaak hoef te word nie, Bv. yoghurt, vrugte, lemoensap, beskuit, kouevleis, kaas.)
5)  'n Mooi koffie beker wat jy vol maak met sjokolade of marshmallows. 
Foto:  Fathersday2015