Friday 22 May 2015

Oupas weet alles - Vadersdag idees net vir Oupas

Moenie die oupas in die ouetehuise vergeet nie.  Maak vadersdag ook spesiaal vir die oupas in jou lewe.  Dis heerlik om te sit en luister hoe oupa vertel van sy dae op die plaas en die kattekwaad wat hul as kinders aangevang het (toktokkie speel, kleilat gooi, ens...)  Die herinneringe van hoe hy gevoel het die dag toe jy gebore was - dis spesiale oomblikke om te deel.  Wanneer hulle nie meer daar is nie is die "memories" ook dalk verlore, so gebruik die kans om rustig te sit en gesels oor die goeie ou dae....)

Idees:

1)  'n Kuiertjie by oupa in die ouetehuis - dis die belangrikste en grootste geskenk.  (Of gaan haal hom om die dag by julle deur te bring.)
2)  'n Houer van sy gunsteling lekkergoed of beskuit of dalk koekies.
3)  'n Kuier saam met oupa langs die visdam / viswaters.  (Al vang jul niks, is dit oor die saamwees en die heerlike stories wat hy julle kan vertel.)