Monday 25 May 2015

Suikermielieplaatkoekies




Suikermielieplaatkoekies
GENOEG VIR 10-12 MENSE
 Bereiding: 10 min.
 Gaarmaak: 2 min. per plaatkoekie
 500 ml (2 k) meel
 10 ml (2 t) bakpoeier
 5ml (1 t) sout
 1 eier
 250 ml (1 k) melk
 1 x 410 g-blik suikermielies
BOLAAG
 500 ml (2 k) versiersuiker
 60 ml (¼ k) klapperroom
 1 pynappel, in dun skywe gesny
 droë klapper
1.Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak.
2.Klits die eier en die melk. Klits dan stadig by die droë bestanddele. Maak seker daar vorm geen klonte nie.
3.Vou by die mielies in. Laat die mengsel 5 min. rus. Verhit ’n kleefvrye pan en skep eetlepels vol van die mengsel in die pan. Draai dit om sodra borrels vorm. Bak tot ’n ligte goudbruin kleur.
4.Bolaag Meng die versiersuiker en die klapperroom tot glad. Plaas ’n pynappelskyf op ’n plaatkoekie. Bedruip met die klapperversiersuiker. Strooi die droë klapper oor.