Monday 25 May 2015

Hawermoutmuffins



Hawermoutmuffins
Hou die oorskietbasis vir later of gebruik dit as muesli. 
LEWER 12
Bereiding: 15 min.
Bak: 20 min.
Basis
 250 ml (1 k) hawermout
 15 ml (1 e) elk sesam-, papawer- en vlassaad
 5 ml (1 e) strooisuiker of versoeter
 30 ml (2 e) gemengde droëvrugte, gekap
 5 ml (1 t) poeiermelk
Muffins
 160 ml (⅔ k) jogurt
 2 eiers
 5 ml (1 t) vanieljegeursel
 100 g botter, versag
 80 ml (⅓ k) strooisuiker of versoeter
 1 ryp piesang
 310 (1¼ k) meel
 15 ml (1 e) bakpoeier
Voorverhit die oond tot 180 oC en voer ’n muffinpan met papierdoppies uit.
1.BASIS Rooster die hawermout en saad in ’n droë braaipan 2 min. of tot goudkleurig. Roer by die oorblywende bestanddele in. Meet 125 ml (½ k) vir die muffins af en bêre die res in ’n lugdigte houer.
2.MUFFINS Klits die jogurt saam met die eiers en vanieljegeursel en voeg dan die basismengsel by. Laat week ’n paar minute.
3.Klits die botter en suiker saam tot donsig. Kap die ryp piesang in stukkies en voeg by die bottermengsel. Roer by die jogurtmengsel in.
4.Sif die meel en bakpoeier by die botter-en-jogurt-mengsel in. Roer, maar nie te veel nie. Vul die muffindoppies met die deeg. Bak 20 min.