Monday 25 May 2015

Vinnige chakalaka-hoender




Vinnige chakalaka-hoender
Genoeg vir 6 mense
 Bereiding: 5 minute
 Gaarmaaktyd: 40-45 minute
1 kg hoenderporsies (dytjies en boudjies)
 sout en vars gemaalde swartpeper
 1 blik (410 g) chakalaka
 125 ml (½ k) goeie mayonnaise of slaairoom
 5 ml (1 t) bruinsuiker
 125 ml (½ k) melk of natuurlike jogurt
 60 ml (¼ k) koekmeel
 150 ml hoenderaftreksel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
 Spuit ’n bak met kossproei.
1.Geur die hoender met sout en peper en pak dit in die bak.
2.Meng die res van die bestanddele en giet bo-oor.
3.Bak 40-45 minute tot gaar en goudbruin.
4.Sit voor met jasmynrys en ’n avokadoslaai.
Avokadoslaai: Plaas ’n paar gaar aspersies op ’n bord met avokadoskywe bo-op, sprinkel gekapte mentblare bo-oor, druk lemmetjies bo-oor uit, drup ’n bietjie olyfolie oor en sprinkel sout oor.