Thursday, 16 April 2015

MOZART KOEK




MOZART KOEK
4 eksta groot eiers
115 g strooisuiker
115 g versiersuiker
...
METODE:
1. Klits eierwitte styf op medium spoed in n glasbak. Moenie metaal of plastiek bak gebruik nie.
2. Klits tot lig en donsig en dit stywe punte vorm.
3. Klits nou op hoë spoed die strooisuiker lepels gewys by.
4. Klits 3-4 sekondes na elke byvoeging. Moenie oorklits nie.
Dit is belangrik om die suiker stadig by te voeg sodat meringue bros kan wees.
As die mengsel reg is sal dit dik en blink wees.
5. Sif 'n derde van versiersuiker oor meringue en vou dit sagkens met n metaal lepel in.
6. Hou aan tot al die versiersuiker op gebruik is.
Weereens is dit belangrik om die mengsel nie te veel te meng nie.
7. Verdeel dit tussen 3 sirkels van bakpapier op n bakplaat.
8. Bak vir 1½ tot 1¾ uur by 100°C in 'n waaier oond, 1¼uur in n gewone oond of gas oond by 110°C.

VULSEL:
250 ml dik room
250 ml mascarpone kaas
125 g donker sjokolade
100 g peka neute gekap
Nutella sjokolade smeer vir drup oor roommengsel
1. Klop room tot lig en donsig.
2. In n ander bak klop mascarpone kaas tot lig en donsig.
3. Vou room by kaas in.
4. Smelt sjokolade oor warm water of in mikrogolf.
STEL KOEK SO SAAM:
1. Smeer 1/3 van gesmelte sjokolade oor die meringue.
2. Strooi 'n 1/3 van neute oor.
3. Smeer nou 'n 1/3 van roommengsel oor.
4. Drup 'n bietjie Nutella oor.
5. Herhaal tot al drie lae opgebruik is.
6. Versier boonste laag met sjokolade krulle en drup weer Nutella oor.
Bron: The Wild Bean Café