Tuisgemaakte granola
Granola is ’n wonderlike manier om seker te maak jy neem kosbare voedingstowwe in. Dit is ook ’n baie buigsame resep met ruimte om jou eie kreatiwiteit te laat oorneem. Probeer verskillende kombinasies van speserye en voeg rosyne by as jy wil. As jy ’n suikertand het, kan jy sjokoladesplinters byvoeg (ná die bakproses, maar terwyl die granola nog warm is), of selfs gekaramelliseerde neute.
...
Jy kan byvoeg en weglaat net wat jy wil, maak net seker jy voeg wel die botter en heuning by om die ander bestanddele bymekaar te hou.
Jy het nodig:
500 g hawermout
60 g lynsaad
150 g pampoensaad
150 g sonneblomsaad
200 g kasjoeneute
100 g haselneute
150 g amandels
100 g pekanneute
200 ml heuning
150 g botter, in blokkies gesny
5 ml kaneel
3 ml neutmuskaat
500 ml klappervlokkies
80 g gedroogde bessiemengsel
100 g bosbessies (cranberries)
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
2. Voer ’n groot bakplaat met foelie of bakpapier uit en bespuit dit ook liggies met kleefwerende kossproei.
3. Plaas die hawermout, sade en neute op die bakplaat. Sprinkel die speserye oor en stippel hier en daar met die botter. Drup die heuning so eweredig as moontlik oor.
4. Plaas die granola in die oond vir 5 minute (of tot die botter sag en gesmelt is). Haal uit die oond en meng deeglik sodat al die bestanddele met die botter, heuning en speserye bedek is.
5. Plaas terug in die oond en bak 15 tot 20 minute (afhangende van hoe donker jy die granola wil hê). Haal dit elke 3 minute uit die oond en meng deeglik. Dit sal verseker dat die granola ’n eweredige goudbruin kleur kry.
6. Sodra die granola uit die oond is (dit moet nog warm wees), voeg die bessies by en meng.
7. Plaas die klappervlokkies op ’n skoon bakplaat en rooster in die oond vir net ’n minuut of twee tot die kante van die vlokkies ligbruin begin verkleur. Haal uit die oond en voeg die vlokkies by die granola.
8. Sodra die granola afgekoel het, kan jy jou hande of ’n eierspaan gebruik om dit op te breek in stukkies en só ’n eweredige verspreiding van bestanddele verseker. Bêre die granola tot ’n maand lank in ’n lugdigte houer of skep dit in ’n pragtige glasfles as jy dit as ’n geskenk vir iemand spesiaals wil gee.