Friday 27 March 2015

varkvleis-en-groente-sosaties



varkvleis-en-groente-sosaties

Jy benodig die volgende:
500-750 g varkvleis van die been of skouer, wat in blokkies van 20-25 mm gesny is
350-375 ml (een en ’n halwe koppie) botterskorsieskywe
Twee tot drie uie wat in kwarte gesny is
Twee tot drie rooi en/of groen soetrissies (saadjies verwyder) in blokkies gesny
Een pakkie houtsosatiestokkies wat vir ’n uur of langer in water geweek is.
Braaispeserye, sout en peper

Vir die marinade sal jy die volgende nodig hê:
 250 ml appelkoossap
 250 ml olyfolie
 5 tot 10 ml Franse mosterd
15 ml blatjang

So maak mens
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Sny die varkvleis in blokkies en sit dit in ’n plastieksakkie. Gooi die marinade oor die blokkies vleis.
Verseël die sakkies en laat dit vir ’n paar uur of selfs oornag in die yskas.
Wanneer die blokkies lank genoeg na jou sin gemarineer het, ryg die blokkies op die sosatiestokkies afgewissel met die uie en die rooi en/of groen soetrissies.
Wanneer die kole reg is, plaas die sosaties op die rooster. Gooi sout, peper en speserye na smaak oor.
Draai die sosaties gereeld om sodat dit aan al die kante kan braai. Smeer ook gereeld van die orige marinade oor terwyl die sosaties braai.

Wat jy ook kan doen
Vir ’n variasie kan jy ander groente en selfs vrugte op jou sosatie inryg as jy dit so verkies.
Gebruik stukkies pynappel, murgpampoen, pruimedante, botterskorsie en ’n hele ­sampioen vir tekstuur by die ­sosaties.