Friday, 27 March 2015

Bierbroodjie


Bierbroodjie

Bestanddele
  • 500 g bruismeel
  • 1 blikkie (340 ml) bier
Só maak jy
  1. Daar lê die begin en die einde. Meng die meel en bier en gooi die deeg in ’n gesmeerde broodpannetjie wat liggies met meel bestrooi is.
  2. Bruin is die nuwe wit. Bak die brood vir omtrent ’n halfuur in ’n oond van 180 ºC of tot die brood goudbruin gebak is. As ’n toetspen (vat sommer ’n sosatiestokkie) skoon uitkom, is die bierbrood reg.