Monday 30 March 2015

Sweetpeas / Pronkertjies


Dis tyd om Sweetpeas / Pronkertjies te saai.... en dis maklik:  Soek 'n sonnige plekkie in jou tuin want hul hou van volson.  Jy het twee keuses - die dwerg soort of die soort wat rank.  (Laasgenoemde is my gunsteling want dit voel altyd vir my hulle blom sommer net meer en makliker.)  Natuurlik as jy die rank soort kies, moet jy net sorg dat hul rankplek het.  Dus is 'n ou ogiesdraad heining die ideale plek om toe te rank met pragtige blomme wat heerlik ruik. 
Sweetpeas hou van kompos, so werk maar lekker mis of kompos in die grond in.  Die aand voor jy hulle plant, gooi die saadjies in 'n bietjie lou water en laat week oornag.  Nadat jy hul geplant het, gee gereeld elke dag water.  Ek hoop jy het sommer 'n pragtige vertoning van die mooiste blomme ooit in jou tuin hierdie jaar.