Monday 30 March 2015

So maak mens: Skaapkop

Jip - dis nie 'n mooi gesig nie, maar daar is mense wat hul voortande sal gee vir 'n skaapkop.  So hier is 'n resep van Lanbou.com.:

Voor jy die skaapkop bak, spoel eers sy bek uit. Gooi water van agter af deur die keelafsnyplek of sper die bek effens oop en spoel uit – soms is daar nog ’n bietjie gras tussen die kake. Só het my skoonma my geleer!’ – Hetta van der Merwe
■ 1 heel, skoon skaapkop per persoon, goed skoongemaak
■ Sout en vars gemaalde swartpeper
■ Water

Voorverhit die oond tot 180°C. Geur die skaapkop baie goed – bo en onder – met sout en peper. Sit dit in ’n kasserolbak met ’n digpassende deksel. Voeg ’n klein bietjie water by en bedek dig. Bak vir 1-2 uur.
Toets of die kop sag is deur met ’n vurk in die vleis te steek. Sodra dit sag is – net sag, nie papsag nie – verwyder die deksel en bak vir ’n verdere 3 uur of langer, tot bros. Sit warm voor. Lewer 1 porsie.
 (Arina du Plessis - Landbou.com)