Friday 27 March 2015

Martjie se vanieljekoekies



Martjie se vanieljekoekies

Bestanddele

(Lewer sowat 40 koekies)
250 g botter
250 g strooisuiker
2 eiers
Vanieljesaadjies
500 g koekmeel

Instruksies


  1. Room die botter en strooisuiker saam.
  2. Klits die eiers een vir een by en room tot lig en romerig. Voeg die vanieljesaadjies by.
  3. Voeg die koekmeel by en meng totdat ’n sagte deeg vorm.
  4. Deel die deeg in twee dele en bedek met kleefplastiek.
  5. Laat rus in die yskas vir 2 ure of oornag.
  6. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
  7. Gebruik ’nkoekiedrukker om vorms uit te druk.
  8. Plaas op ’n bakplaat uitgevoer met bakpapier. Laat genoeg spasie tussen koekies.
  9. Bak vir 8 minute en draai die pan. Bak vir nog 4 minute. Die koekies moet ’n goeie randjie hê en ferm wees in die middel.
  10. Strooi met strooisuiker sodra die koekies uit die oond kom. Jy kan dit ook laat afkoel en versier.
Wenk: Verminder baktyd indien die koekies kleiner is.