Friday 27 March 2015

Caroli se outydse soetkoekies



Caroli se outydse soetkoekies

 Bestanddele
4 koppies koekmeelblom
1 koppie strooisuiker
125 g botter
5 ml vanielje geursel
1 eier
¼ t sout
¼ t koeksoda
1 t kremetart
1 t fyn kaneel
¼ t fyn neutmuskaat
¼ t gemmer

Instruksies


  1. Room die botter en suiker saam. Klits die eier by.
  2. Sif al die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel.
  3. Meng saam tot ’n deeg.
  4. Rol die deeg dun uit (3 mm) tussen twee velle bakpapier en druk uit met ’n ronde koekiedrukker.
  5. Bak vir 7 tot 10 minute teen 200 °C tot gaar. Verwyder van die pan om af te koel.