Friday 27 March 2015

Valerie se gemmerkoekies



Valerie se gemmerkoekies

 Bestanddele
(Lewer 4 dosyn)
10 ml kaneel
10 ml gemmer
10 ml gemengde speserye
300 g koekmeel
Knippie sout
10 ml koeksoda
30 ml stroop
45 ml melk
200 g bruinsuiker
170 g botter

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die kaneel, gemmer, gemengde speserye, koekmeel, sout en bruinsuiker drie maal.
  3. Meng die koeksoda en stroop en verdun met melk.
  4. Vryf die botter in die droë bestanddele met vingerpunte.
  5. Maak ’n gat in die middel van die meelmengsel en voeg die koeksoda-mengsel by.
  6. Meng dit met die hand tot ’n ferm deeg.
  7. Rol dit in okkerneutgrootte-balletjies (15 g) en plaas 7 cm uitmekaar op ’n bakplaat.
  8. Bak vir 15 minute of tot gaar.