Wednesday 25 February 2015

Mikrogolf-mangokoek




Mikrogolf-mangokoek
Bak hierdie smullekker soet koek in ’n japtrap. Jy kan ook mangostukke by die deeg voeg.
Lewer 1 langwerpige koek
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 6 min....
200 ml (¾ k) bruismeel
125 ml (½ k) strooisuiker
60 ml (¼ k) mangosap
30 ml (2 e) olie
1 eier, liggies geklits

60 ml (¼ k) melk
1 ml (¼ t) amandelgeursel
STROOP
(1 k) mangosap
(⅓ k) strooisuiker
1. Smeer ’n mikrogolfbestande silikoonbroodpan met ’n diepte van 7 cm.
2. Gooi die meel, strooisuiker, mangostap, olie, eier, melk en geursel in ’n bak. Meng stadig tot ’n dik beslag vorm en giet in die voorbereide pan.
3. Mikrogolf 6 minute op hoog of tot ’n toetspen skoon uitkom.
4. Stroop Meng die mangosap en strooisuiker in ’n kastrol en laat 2 minute oor matige hitte prut terwyl jy af en toe roer.
5. Keer die koek uit op ’n draadrak wat met bakpapier gevoer is. Bedruip die helfte van die stroop oor die koek en sit warm voor saam met die oorblywende stroop.